Waarom hierdie opname?
Kleingroepe is een van die maniere waarop GKBO onderlinge meelewing, geloofsgroei, Bybelstudie en diensbaarheid in die gemeente wil bevorder.
Die kerkraad wil graag verstaan hoe gemeentelede die huidige kleingroepbediening ervaar, waarom sommige lidmate nie daarby betrokke is nie, en hoe dit verbeter kan word.
Die opname is anoniem, bedoel vir elke individu en behoort ongeveer 5–7 minute te neem. Alle profielvrae is opsioneel. Antwoord asseblief eerlik volgens u eie ervaring—daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie.